Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
So gaan rugby op Nuweland onder

Ek was Saterdag 'n week gelede op Nuweland om te sien hoe die Stormers die Bulle verkeerd  bewys dat die Crusaders nie onoorwinlik is nie. Hulle het dit reggekry. Baie geluk.

Wat my pla, is dat daar wel iets ontbreek in die Stormers-kamp en met die bestuur van Nuweland as die plek waar elke WP- en Stormer-ondersteuner en hul kinders weekliks wil wees.

‘n Paar redes: Die Stormers  se lyftaal op die veld vertoon nie dringendheid, energie en innovasie nie. Ná elke beweging sit een of twee spelers eers met “beserings” of staan met hul hande op die knieë. Ná afloop van die wedstryd maak hul nie eens ‘n spankring soos die Crusaders  en sluit die wedstryd af nie. Ek praat nie van saambid of evalueer wat moontlik in die kleedkamer ná die tyd plaasvind nie. 

Geen Stormers-speler stap ná die wedstryd om die veld om al die Stormers-ondersteuners ("Newlands Faithful") te bedank en veral die kinders se harte bly te maak nie. Die Crusaders doen dit wel en kry hul gebruiklike All Black-ondersteuning op Nuweland en wen daardeur  net meer harte. 

Toe sommige Crusaders handtekeninge teen die omheining wou uitdeel, keer sekuriteitsbeamptes hulle vinnig. Wat het geword van die kinders se  Nuweland-hoogtepunt  om spelers se handtekeninge te kry? Toue is nie eens soos in die verlede gespan dat toeskouers op die veld kon kom en spelers darem op die veld, agter die toue handtekeninge kon uitdeel nie (wat wel die vorige week op Loftus gebeur het). 

Baie toeskouers is besope en dryf daardeur gesinne weg om saam Nuweland toe te gaan. Die Stormers-skopper word uitgejou (natuurlik deur All Black-ondersteuners) terwyl hy pale toe skop.

Op hierdie trant gaan Nuweland se blou vlae binnekort met swart vlae vervang word. 

Meer oor:  Nuweland  |  Rugby  |  Bredasdorp  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.