Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Só ’n vergelyking is verregaande

Ek was uit die veld geslaan toe ek Kara Combrinck se tirade teen Johan van Wyk se Van Alle Kante ’n paar dae vantevore lees.

Daar was hoegenaamd niks beledigend, afbrekend of minagtend in Van Wyk se pittige en tong-in-die-kies-storie nie.

Om wat hy gesê het met “ ’n herlewing van die skynheilige en moreel korrupte bestel van apartheid” te vergelyk, is verregaande.

Wat betref Van Wyk se “obsessie met suiwer, keurige taalgebruik” verstaan ek nie mooi hoe sy die kloutjie by die oor kry deur dit in verband te bring met “die meeste mense (wat) in die land krepeer het” nie. Wat op aarde het die twee met mekaar te doen?

Terloops, ek het ook ’n broertjie dood aan die nuwe neiging van “skryf soos jy praat”. As almal skryf soos Nathan Trantraal, sal die geskrewe woord ’n letterkundige sirkus word.

Ek dink al die tale het ’n formele en ’n informele vorm – ’n loslyf-geselsmodel en ’n korrekte en keurige vorm vir geskrewe kommunikasie.

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.