Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Só skep jy ’n gedienstige, siellose universiteit

Ek sluit graag aan by my goeie vriend Tom McLachlan se brief oor die Wilcocks-gebou se herbenaming (30.07).

In die wonderlike toespraaktoneel in die fliek Scent of a Woman raak lt.kol. John Slade (Al Pacino) die volgende kwyt: “There is nothing worse than amputating a soul.”

In sy dolle najaag na inklusiwiteit en gedienstigheid is die owerhede van die Universiteit Stellenbosch besig om die siel uit Maties te ruk.

Erger nog, daardie owerheid is be-sig om sy grootste bate, naamlik sy alumni, van hom te vervreem deur dit wat vir die alumni waardevol en belangrik is, op te offer op die altaar van gedienstigheid.

Arme prof. Wilcocks was nie ’n politieke figuur wat opgeoffer moet word vir sy politieke denke of welke oorweging ook al nie.

Hy was slegs ’n pedagoog wat vir sy dienste vereer is deur ’n gebou na hom te noem.

Daardie gebou is deel van die siel van Stellenbosch. Dit was elke eerstejaar se eerste stop ná kennismaking met Stellenbosch. Die Wilcocks-gebou en Stellenbosch is vir die meeste alumni sinoniem.

Doe’ so voort, owerheid van die Universiteit Stellenbosch, julle gaan oorbly met ’n deursigtige, gedienstige en siellose universiteit.

Meer oor:  Us  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.