Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Só werk demokrasie in regstaat

Jacob Zuma probeer die Zondo-kommissie aan die neus lei deur te sê daar is geen regsplig op hom om voor die kommissie te verskyn nie, en ook dat iemand aan hom moet verduidelik wat staatskaping beteken. Is dit beheer oorneem van die parlement (wetgewende gesag), uitvoerende gesag of die vervolgingsgesag (regsprekende gesag)?

Verkeerd, mnr. Zuma. Sover ek weet het die kommissie die reg om uiteindelik enig­iemand te dagvaar om voor hom te verskyn. En dit sluit u in, want niemand is bo die reg verhewe nie! Onthou ook u knaende versugtinge om u kant van die saak te stel!

Tweedens maak dit nie saak watter entiteit van die samelewing gekaap is nie, en of u regstreeks of onregstreeks daarby betrokke was nie. Dit het gedurende u tyd as staatshoof gebeur.

Daarom is u oorhoofs polities en staatkundig verantwoordelik vir die onheilighede wat plaasgevind het. Of altans, só werk ’n demokrasie mos binne die raamwerk van ’n regstaat.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.