Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Só word ons aan die ANC oorgegee

In die berig “Aanval op boere is aanval op ekonomie” (14.10) sê dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou, dat hy landbou-uitvoer met 5% wil laat groei om 90 000 nuwe werksgeleenthede in vyf jaar te skep.

Hy versuim egter om te meld dat die ANC se rassetransformasie-formule van 80-9-9-2 van toepassing is. Dit bring mee dat bruin, Indiër- en wit mense bittermin van dié werksgeleenthede sal kry. Swart mense, wat net sowat 30% van die Wes-Kaap se bevolking uitmaak, sal 80% (sowat 72 000) daarvan kry.

DA, behandel die mense wie julle ondersteun en julle in beheer van die Wes-Kaap hou, met meer respek. Soos dit nou lyk, gee julle ons stukkie vir stukkie oor aan die ANC.

Meer oor:  Ivan Meyer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.