Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Só word rassehaat, vyandigheid vererger

Een van die langdurige newe-effekte van ’n vryheidstryd of -oorlog is die onrealistiese verwagtinge wat gewek of gevorm word.

Tydens ons struggle (soos in baie ander Afrika-state) het ’n groot deel van die burgers verwag om as wenners uit die stryd te tree.

Hulle het verwag hulle sal ook welvarend word.

Dit het helaas nie gebeur nie en die nagevolge daarvan is frustrasie en woede wat meestal uiting vind in gewelddadige protes.

Vir die groep wat gebaat het by hulle nuwe status – die leiers en politici – is die lot van die arm massas nie so dringend nie en hulle probeer met beloftes van grond, werk en huise gemoedere sus.

Nog ’n gewilde, maar gevaarlike tegniek is om die vorige apartheidsbewind en welvarende wittes die skuld te gee vir die armes se ellende.

Dit vererger rassehaat en vyandigheid.

Wat nou aan die gebeur is, is grootskaalse opstand wat net ’n tsoenami van voorspoed en ekonomiese groei sal beëindig.

Meer oor:  My Stem  |  Rassehaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.