SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
My Stem
Soek oplossings voor jy veroordeel

Dit is altyd verbasend om te lees hoe oortuig mense van hul eie siening is. Ons oordeel graag ander se optrede sonder om onsself in hul skoene te plaas.

Verfrissend was Cas Wepener se ontleding van die Clifton-gebeure (03.01). Hy plaas homself in die ander se kultuur en verstaan so die simboliek agter die slagseremonie. Natuurlik is baie faktore ter sprake, maar dié benadering bevorder insae en verdraagsaamheid. Dr. T.C. Breitenbach spreek weer (04.01) sy afkeer van sinkretisme uit (ver-soening met ander gelowe).

Niemand het eintlik op enigiets die finale antwoord nie.

Ons sien ten dele. Om ander in jou boksie te probeer dwing, is eintlik arrogant, want ons is elkeen op ons unieke reis en kan net spiritueel groei as ons getrou aan onsself bly.

Vir 2019 is ’n benadering van “leef en laat leef” my wens.

Werk liewer aan oplossings as om regter te speel.

Meer oor:  Cas Wepener  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.