Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Soepel taal bied pret en plesier

Ai, hoe mooi is Afrikaans nie. Op 1 deser gebruik Johan van Wyk die word “pilkaatse” alte vrolik in sy rubriek. Elders skryf Christiaan du Plessis sonder ’n sweempie ironie van “oortollige sterftes”.

Ja-nee, dis die een ding van ons moedertaal wat my telkens so aan die keel gryp: die buigbare skeppingsvermoë daarin. Jy kan letterlik Afrikaanse woorde maak, opgrawe of ’n kinkel gee en mense sal dit verstaan en gebruik. Hulle verkneukel aan die soepelheid wat die dood in tye van die pes, bv., oortollig maak.

Dis jammer dat ons taal soms so in die politieke drif vasval. Of domheid. As die baas van die woordeboek in daardie politieke versoeking kom, as stryders om sg. Standaardafrikaans vergeet van grammatika se wonderlike boukuns, en joernaliste sensitiwiteit vir die beeldkrag van “eietyds” teenoor “kontemporêr” en “grondwet” in plaas van “konstitusie” verloor, ondermyn hulle die skeppingsmoontlikhede van wat as ’n “lewende taal” bekend was.

Toe “in” “op” se plek oral op ons landkaart ingeneem het, het die subtiele boodskap van dorpe, stede en hul mense verdwyn. Dis nie dat “boks” en “drein” verkeerd is nie, maar hulle lê bra vlak in die mond.

Klink “gehalte” nie meer oortuigend nie as “kwaliteit”?

Vir my is dit nie ’n taalstryd teen indringers nie, maar ’n oppervlakkigheid wat die kans verspeel om soveel meer kleurvol en presieser die regte, gepaste Afrikaanse woord en uitdrukking te gebruik. Dis ook soveel meer pret – veral in hierdie dae van verspotte “sosiale kommunikasie”! (My kop jeuk nog aan die gedagte dat daar te veel dooies is.)

Meer oor:  Afrikaans  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.