Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Soetdoring se steek laat vrat verdwyn

Plante en bome se dorings is blykbaar ’n bron van stowwe wat die plant beskerm teen diere wat hom wil vreet.

Ek het met die afsaag van ’n tak van Acacia karroo ’n doring in die laaste lid van my regterhand se wysvinger opgedoen. Dit was uiters pynlik, maar dit het nie gesweer nie.

Toevallig het ek ’n groot vrat op die duim gehad wat pogings oorleef het om dit te verwyder. Dié vrat het ook blykbaar ander vratte op vingers van my linkerhand veroorsaak.

Sowat ’n week later het ek opgemerk dat die vrat op my duim, asook op die ander vingers, kleiner word, en toe later verdwyn.

Miskien kan dorings ondersoek word as ’n bron van stowwe wat virusse teenwerk.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.