Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Somerset-Oos nog verval gespaar

Soos Annelie Botes (27.06) het ons ook die afgelope naweek die Oos-Kaapse platteland besoek toe ek tydens die oggenddiens die orrel in die pragtige NG kerk op my ou tuisdorp, Somerset-Oos, bespeel het.

Gelukkig was ons ervaring beter as dié van Annelie op Bedford, want Somerset-Oos lyk vir ons steeds na ’n trotse, netjiese dorp. Daar is sekerlik ook probleme, maar ons indruk is dat die wonings en tuine netjies is, die strate in ’n beter toestand as Cradock s’n en pragtig omsoom met bome, die Gill-skoolterrein met die indrukwekkende geboue, waaronder die graf van die legendariese mnr. Coppens en die Hannes Marais-paviljoen skoon en netjies, die sakelewe aktief, en dan die grootse NG kerkgebou wat duidelik goed onderhou word.

Baie mense het die diens bygewoon met ’n uitstekende preek deur ds. Chris du Raan. Die groot aantal gemeentekinders het ons beïndruk. Oënskynlik is hierdie nog ’n lewenskragtige gemeente met heelwat jonger lidmate.

Ons kry die indruk dat Somerset-Oos die verval wat baie plattelandse dorpe tref, gelukkig vryspring. En die vriendelikheid en hartlikheid van almal het ons asem weggeslaan.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Annelie Botes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.