Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sosialisme: Staat faal mense

Christo van der Rheede skryf in “Is sosialisme net sleg vir SA?” (Netwerk24, 26.02) baie insiggewend oor ’n moontlike ewewig tussen die beginsels van sosialisme en kapitalisme. Hy haal David Attenborough aan – dat enigeen wat in onbeperkte groei op ’n planeet met beperkte hulpbronne glo, gek moet wees.

Ons weet sosialisme misluk omdat dit nie soos die vryemarkstelsel selfregulerend is nie, en die wêreld se ekonomie te kompleks is om dit te probeer reguleer. Ons laat kapitalisme dus toe om sy verloop van vraag en aanbod te neem en probeer dan die newe-effekte wat daaruit vloei te hanteer, soos en wanneer dit opduik.

Dié newe-effekte, soos die gaping wat tussen ryk en arm ontstaan, bring ons tot die gevolgtrekking dat kapitalisme ’n gewete moet hê, wat ons dan as sosiale verantwoordelikheid definieer. Dié verantwoordelikheid is waar sosialisme sy grondslag in die vryemarkstelsel vestig. Ons verseker ook die behoud daarvan deur belasting te betaal.

Die vlieg in die salf is korrupte en onbevoegde regerings wat die term “sosialisme” aansien vir “eiebelang”, en dan die gemeenskap in sý (die regering se) verantwoordelikheid faal. Die ewewig (belastingaanspreeklikheid) tussen die kapitalistiese en sosiale beginsels staan dus reeds sterk. Ons benodig net effektiewe regering.

Die eintlike dilemma lê nie in ons ekonomiese ideologie nie, maar in die realiteit van oorbevolking. Té min mense besef dat ons planeet net soveel het om te gee. Aanwassing kan nie meer as ’n spontane, natuurlike fenomeen beskou word wat sy eie gang moet gaan nie. Dit móét beheer word, want daar is nie ’n alternatief anders as uitwissing nie.

Warren Buffett het al vertel sy sekretaresse betaal meer belasting as hyself, want sy verdien ’n salaris; hy verdien sy geld deur geld. In Suid-Afrika is slegs die eerste R30 000 uit renteverdienste belastingvry, per jaar, terwyl ’n ryke R10 miljoen uit die land kan neem sonder om ’n sent belasting te betaal.

Meer oor:  Christo Van Der Rheede  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.