Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Spaargeld gaan nie dié gemors red

Theo Stehle, Knysna, skryf: Gerugte dat die regering opnuut voorgeskrewe beleggings vir Suid-Afrika se pensioenfondse oorweeg, is in omloop. Die geldpot van alle pensioenfondse is oor die R4 000 miljard sterk, waarvan die staatspensioenfondse gesamentlik sowat R2 000 miljard uitmaak.

Voorstanders hiervan voer aan dat die ou NP-regering pensioenfondse tussen 1956 en 1989 gedwing het om in staatskuld te belê. Nodeloos om te sê, het die pensioenfondse toe gely onder swak opbrengste, wat die vernaamste beswaar is teen hierdie vorm van “reddingsboei” vir sukkelende staatsbeheerde ondernemings.

Die verskil tussen toe en nou is ook dat daar destyds belê is in ontwikkelingsprojekte en nie om sukkelende staatsondernemings te probeer red nie. Die pensioenfondse het wel nie bevredigend gegroei nie, maar die fondse het oorleef en kon hul verpligtinge nakom. Onbekwame bestuur, korrupsie en kaping van die staat se bates was boonop destyds geen betekenisvolle faktor nie.

Dit is tipies van ’n mislukte regering om die enigste oorblywende geldpot ook by te kom, terwyl daar geen waarborg is dat dié staatsondernemings lewensvatbaar sal word nie. Die mislukkings van hierdie instansies moet vierkant voor die deur van die ANC-regering geplaas word, want die huidige regeringsleiers wat gedurende die periode van staatskaping reeds in posisies van mag was, het geen vinger verroer om dit te opponeer nie. Waarom moet die publiek hul swaarverdiende aftreespaargeld opoffer om die gemors wat die regering veroorsaak het, reg te stel sonder dat radikaal ingegryp gaan word om die entiteite lewensvatbaar te maak?

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.