Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Springbok-embleem gebore voor apartheid

Ek verwys na die Johann Maarman se skrywe (28.05)  oor die Springbok-embleem wat verwyder moet word omdat dit 'n nalatenskap van apartheid is. Watter klomp twak! Ek stem meer as 100% saam met Emil Scheepers (31.05) dat Maarman se artikel net verdere verdeeldheid aanwakker.

Ek haal die volgende aan uit Wikipedia:

"Daar is reeds voor die 1903 besoek deur die Leeus besluit om 'n groen trui met 'n springbok as embleem vir Suid-Afrika se nasionale span te gebruik. Die embleem kon egter nie betyds borduur word vir die reeks nie. Dit is dus oorgelaat aan die eerste Suid-Afrikaanse span wat oorsee getoer het in 1906/1907 om die eerste Springboktruie te dra.

“Die naam 'Springbokke' is vir die eerste keer tydens die 1906-’07-toer gebruik. Die toerbestuurder, amptenare en Paul Roos het die naam op 'n vergadering uitgedink om die Britse pers daarvan te verhoed om hul eie bynaam vir die span te bedink. Roos het aan koerante gesê om om die span 'De Springbokken' te noem. Die Daily Mail het daarna 'n artikel gepubliseer waarin na die 'Springboks' verwys is.

Die span het van toe af baadjies met 'n springbok op die linkersak gedra. Die toer het bygedra tot die helingl van wonde na die Tweede Vryheidsoorlog en het 'n sin van nasionale trots onder Suid-Afrikaners gekweek.

“Die term 'Springbok' is later gebruik vir alle individue of spanne wat Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig het, ongeag van die sportsoort."
En waar was apartheid in die eerste dekade van die 20ste Eeu? Ek sou raai die woord het heel waarskynlik nog nie eens bestaan nie. Sover ek weet, is die woord apartheid en die apartheidsbeleid 'n uitvindsel van dr. D.F. Malan en sy rassistiese meelopers.

Nee, mnr Maarman, bepaal jou maar liewer by Bafana-Bafana waar daar selde 'n bleeksiel in die span is! Ek gaan in elk geval nie meer jou rubrieke lees nie. En mnr. Charl Adams, ek het nog altyd jou briewe in Die Burger gelees, maar van nou af sal dit ook ongelees by my verbygaan.

Meer oor:  Welgemoed  |  Brief  |  Mystem  |  Johann Maarman  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.