Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Springbok hou seer in vir miljoene

Anthonie Blomerus gaan haal die geskiedenis van die Springbok by die draai van die vorige eeu en gee voor dat die gebruik van dié simbool geen negatiewe konnotasies dra nie.

Sy redenasie is tiperend van diegene wat nie besef watter seer en afkeer dié simbool vir miljoene Suid-Afrikaners ingehou het nie. Hy staar hom blind teen die ondersteuning in wit geledere.

Alle apartheid- en koloniale simbole van verdrukking moet verwyder word uit die openbare oog. En, ja, ek stem saam met Blomerus oor dr. D.F. Malan en sy rassistiese meelopers.

Dat ’n vooraanstaande skool in die noordelike voorstede en ’n gedenksentrum op Stellenbosch steeds na Malan genoem kan word, gaan die verstand te bowe.

Meer oor:  My Stem  |  Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.