Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Staak hierdie politieke korrektheid

Staak asseblief tog die onnodige verbloeming van mense se kleur of ras of etniese groep – of wat ’n mens dit ook al wil noem. Die berig “Publiek se hulp gevra om lyk te identifiseer” (24.01) is ’n voorbeeld hiervan.

Hoe de ongeluk kan die publiek help as die lyk soos volg beskryf word: “Die vrou, vermoedelik in haar vroeë twintigs, het lang swart hare en was in ’n swart bikini-bostuk en ’n denimkortbroek geklee.” Was sy wit, bruin, Khoi, Asiaties, swart? Het sy Kaukasiese gelaatstrekke?

Ons probeer almal wegstaan van rasbeskrywings, maar om vadersnaam tog nie waar dit sinneloos is om dit te verswyg nie.

Dis dieselfde as om te sê ’n grypdief het met die vrou se handsak weggehardloop en tussen die blommeverkopers gaan skuil. Hy was geklee in ’n bruin T-hemp en ’n blou denimbroek. Bel asseblief so-en-so indien u enige inligting het. Hoekom mag ons nie weet of hy wit, swart, pienk of pers was nie?

Kom ons gaan leer liewer by die Amerikaners, wat sulke sake prakties en sinvol hanteer en nie net voortdurend politiek korrek optree nie.

Meer oor:  My Stem  |  Ras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.