Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Staak voorskriftelikheid oor dié sake

Amanda Gouws was weer aan die woord. Vryheid van spraak is weer hoog op die agenda. Dis omtrent al waarmee ek met haar en haar maters saamstem, want dan kan ons wat van hulle verskil, ook ons sê sê. 

Vir Anton van Niekerk is die aanspraak dat ons met ’n volksmoord te doen het hiperboliese kaf. Met soveel redaksionele ruimte tot my beskikking sou ek my ook aan retoriese gebrabbel skuldig maak en hiperboliese kaf in lesers se kele afdwing. Max du Preez is bekommerd oor die invloed van Afriforum op die denke van wit mense. Wel, ek het verstand en kan vir myself dink sonder om AfriForum ter harte te neem, hoewel ek waardeer wat hulle vir ons doen. Prof. Elmien du Plessis bevraagteken die statistieke oor plaasmoorde en hou nie daarvan dat AfriForum “kwessies in isolasie aanpak nie.” Ek wag om te hoor met wie die probleem aangepak kan word? 

Dan is daar ook ’n probleem met die word “volksmoord”. Die swaargewigte val kort-kort terug op vergelykings tussen die “holocaust” en dit wat nou hier in ons land gebeur. Hul definisies van volksmoord is lafhartige snert om die probleem te ontduik en blykbaar belangriker as die gegewe dat die “holocaust” ook met sporadiese aanvalle begin het. Die toename in sodanige aanvalle, die regering se voortgesette stilswye en populistiese slagspreuke moet egter nie onderskat word nie. Voorafgaande was instrumenteel in lande waar grootskaalse uitwissings plaasgevind het. 

CR se onlangse danspassies op Zuma se “Usimi Wami” moet geensins ligtelik opgeneem word nie. Vir die populistiese massas is dit suiwer mandaat dat die gewere maar gelaai kan word. 

Die essensiële vertrekpunt  om die tendens om te keer, is vir ons president om vir sy “two-step” om verskoning te vra. Die akademici moet liefs hieroor skryf en hulle voorskriftelikheid staak aan lesers wat blykbaar die vermoë ontbreek om vir hulleself te dink. Hoeveel van die moordenaars op boere het nie met die dansende beelde van Zuma en CR in hul geestesoë oor drade geklim en ou mense se kele afgesny nie

Meer oor:  Afriforum  |  Amanda Gouws  |  Volksmoord  |  Mystem  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.