Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Staan op teen middelmatigheid

Ek het ’n tydjie gelede geskryf oor die registrasie van fotovol­taïse stelsels tuis en die onnodige vervanging van die watermeter op my erf in Bellville.

Ene Danie Malan van Patensie het daarop gereageer. Ek word aangesê om liewer die Wes-Kaap te verlaat en na ’n provinsie te verhuis waar die DA nie aan die bewind is nie sodat ek die swak bestuur dáár kan ondervind.

Danie, ek volg niemand blindelings nie. Só kry jy ’n pak soos die NP van destyds ons gegee het. Indien jy met middelmatigheid tevrede is, is jy maar deel van die res van ons vasteland en dit is waarom ons is waar ons is.

Protes is deel van polisiëring en die regering op hul tone hou. Mense moet nie met middelmatigheid tevrede wees nie.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.