Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Staan ‘opsent’ en ander streekwoorde

Ek lees altyd Jana Luther se Woordwisseling-rubriek in Beeld met belangstelling. Die een van 17 Januarie (“Dié delwersoë doek na ’n blinkklippie”) was vir my baie treffend – seker omdat ek in verskeie van die destydse mynkommissariskantore gewerk en heelwat met diamantprospekteerders en delwers te doen gekry het.

Die legende van ’n diamant so groot soos ’n skaapkop kom glo van Siener van Rensburg.

Oorspronklik is ek van die Oos-Kaap – Steytlerville, Patensie, Hankey, Jeffreysbaai, Port Elizabeth . . .

Hierdie streek het sy eie unieke Afrikaans-dialekte, waarvan daar, myns insiens, nie soveel opgeteken is soos byvoorbeeld dié van Namakwaland, die Swartland, die Weskus, Boesmanland en die Richtersveld nie. Miskien is ek verkeerd.

Ek noem ’n paar “streekwoorde” wat die ouer garde steeds gebruik:Leeg vir laag. “Oupa lê leeg in sy doodskis”;) Opsent vir “staan eenkant toe”;) Wenteldroër vir tuimeldroër;) Toggas vir ’n mens se agterstewe;) Touwil vir vadoek. Dis natuurlik direk afgelei uit Engels; en) Poenie vir die seksdaad. “Jy moenie rondpoenie nie”, met ander woorde moenie rondslaap nie.

Dis nie net Afrikaanssprekendes wat hul taal “opmieks” nie. Ons Engelssprekende landgenote doen ook maar. Onlangs hoor ek ’n goeie een: “I am going home now. I am uitgekuier.” Is daar ’n Engelse woord wat “uitgekuier” presies beskryf? Ek kan nie aan een dink nie . . .

Meer oor:  Jana Luther  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.