Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Staande applous vir Beeld se span

Met die lees van Barnard Beukman se rubriek “Kom ons benut drukkersink wyl dit nog vloei” (11.07) het ek in my geestesoog ’n groot skare gereelde Beeld-lesers gesien wat staande applous vir Barnard en sy redaksie gee.

Wat ’n bemoedigende boodskap op ’n Saterdagoggend terwyl die elektroniese trein met sy sosiale media van Google, Facebook, Twitter en WhatsApp vernietigend op die gedrukte media voortstoom.

Die volgende drie aspekte in Barnard se rubriek is uiters gerusstellend:

Eerstens: “Ons gaan die voorreg om by gedrukte media betrokke te wees, met selfs meer geesdrif aanpak.”

Wat kan ons as Beeld-lesers meer vra as ’n redakteur en redaksie met só ’n gesindheid?

Tweedens: “… ons hou die oog op die bal om – met wat ons het – die beste moontlik koerant te wees.”

Barnard spog tereg met die Frewin-trofee in Beeld se glaskas, as koerant met die beste tipografiese uitleg. Blaai gerus ’n keer in die supermark of gerieflikheidswinkel by die motorhawe deur ander koerante. Beeld, met sy hoë kwaliteit – tipografies sowel as inhoudelik – staan kop en skouer bo almal uit.

Derdens: “(Ons) glo dat die eise van die tyd ons noop om ’n markplein van verskillende idees en perspektiewe te wees, wat getoets en geweeg moet word om by sinvolle antwoorde uit te kom.”

Hiermee beaam Barnard die mening van Ton Vosloo. Jason Lloyd skryf verlede jaar (14.01) op LitNet: “Vosloo benadruk dat koerante nog altyd die plek is waar jy intelligente gesprek gaan vind. Nie op televisie of op die internet nie. Vosloo glo vryheid van ’n effektiewe meninguiting binne ’n demokrasie is op die spel wanneer ’n mens oor die afskaling of selfs die afskaffing van koerante en gedrukte media praat.”

Mag die drukkersink van Beeld nog lank onder die bekwame leiding van die redakteur en sy puik redaksie vloei!

Meer oor:  Barnard Beukman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.