Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Staatskaping, korrupsie kan ANC-skip laat sink

Die SAS ANC is aan die sink en die bemanning is te magteloos om die skip te red.

Hulle is onbevoeg. Jy het professionele mense met spesiale vaardighede nodig om so ’n reuse-vaartuig op koers te hou.

Ongelukkig het die huidige eie­naars kaderbemagtiging gebruik. Dit het onvermydelik afgestuur op ’n helse fiasko wat vererger is deur korrupsie wat in Europa ontstaan en soos ’n veldbrand deur Afrika versprei het.

Suksesvolle korrupsie verg nie spesiale vaardigheid nie. Wat dit wel gladder laat verloop, is politieke mag.

Toe skoutadmiraal Jacob Zuma by Thabo Mbeki bevel oor­geneem het, was die skrif aan die muur. Gedryf deur ’n verterende ambisie tot selfverryking en ’n natuurlike aanleg vir mags­misbruik, het Zuma en sy Indiese vennote ’n stelsel genaamd staatskaping vervolmaak.

Toe die admiraliteit uiteindelik die omvang van die skade besef, is hy vervang deur admiraal Cyril Ramaphosa, wat moet red wat nog te redde is. Hy probeer hard, maar dis ’n opdraande stryd.

Meer oor:  Staatskaping  |  Mystem  |  Lesersbrief  |  Politiek  |  Korrupsie  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.