Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Staatskaping, korrupsie se oorsaak

Wat is die kernoorsaak van staatskaping en korrupsie?

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het dit onbedoeld beantwoord met die volgende opmerking by die ondervraging van Lynne Brown by haar verskyning voor die Zondo-kommissie: “Daar was hierdie probleme. Het iemand standpunt ingeneem en gesê wat gedoen moet word?”

Die optrede van die ANC-regering en die parlement, wat deur hom beheer word, die afgelope 26 jaar gee ’n klinkklare en baie duidelike antwoord: “Ons is besig om ’n uitgediende ideologie in die kele van die burgers af te druk. Verantwoordbaarheid, toesig en etiese norme volgens die beskaafde wêreld is nie van ons kenmerke nie. Ons sorg net vir onsself en ons elite-kaders en te hel met die res. Ons gee nie ’n duiwel om hoe die belastingbetalers se swaar verdiende geld gesteel en gemors word nie.”

Dít, regter Zondo, is wat werklik die afgelope 26 jaar in Suid-Afrika aan die gang is. Jou verslag en uitspraak kan eintlik baie kort en kragtig wees: “Die hele ANC-regering, sonder uitsondering, is skuldig aan staatskaping en korrupsie en moet deur ’n werklik onafhanklike NVG ondersoek, strafregtelik aangekla en na behore gestraf word.”

Meer oor:  Raymond Zondo  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.