Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Staatsrede bring hoop op toekoms

Die jaarlikse staatsrede is die hoofplatform vir die president om die pad vorentoe in breë trekke uit te stippel. Die fynere besonderhede word deur die ministers in hul begrotingsredes ingevul.

Die volwasse reaksie van al die ander partye was ’n goeie voorbeeld en hoopvolle teken vir ons demokrasie.

Vanjaar se staatsrede is onder ’n wolk van moeilike ekonomiese toestande en ernstige energie-uitdagings gelewer.

Soos verwag, het die president klem gelê op fokusareas. Sy ekonomiese benadering is ontfermende (“compassionate”) kapitalisme in ooreenstemming met die Noord-Europese model. Fiskale realiteite beperk egter die vermoë om al ons mense op alle terreine vinnig genoeg op te hef.

Die president het in moeilike omstandighede geslaag om hoop te skep waar daar vertwyfeling is, en optimisme te midde van ’n vlaag van negatiwiteit.

Dankie, meneer die President, vir hierdie padwysers wat u met eerlikheid en soos ’n staatsman voorgedra het. Maar ons besef terdeë dat ons dit nie net in u hande kan laat nie. Ons is almal gesamentlik verantwoordelik vir die sukses van ons nasie.

Die EFF is besig om homself na die kantlyn van die politieke speelveld te verskuif. Sy optrede strook ongelukkig met populistiese neigings elders, selfs in ’n supermoondheid, waar daar toenemende disrespek vir demokratiese instellings is.

Die volwasse reaksie van al die ander partye was ’n goeie voorbeeld en hoopvolle teken vir ons demokrasie.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe  |  Staatsrede2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.