Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Stel eerder skoolvak met verkeersreëls in

Die berig “Rybewyse elke 5 jaar hertoets?” (24.12) het betrekking. Daar word nie genoeg navorsing gedoen nie, maar as iemand bo ’n ding in die kop kry, storm hulle voort. ’n Paar kwessies:

  • Kry eers inligting van makelaars, vragmotorbestuurders en motoriste wat baie op pad is.
  • Ons land se gesindheidsprobleem is ’n groot gevaar wat tot baie ongelukke lei. Dit maak dat mense oor rooi verkeersligte en drierigting-stopstrate ry; aan die verkeerde kant van die pad stop; U-draaie oor dubbel-sperstrepe maak; verbysteek soos hulle wil en voor ander insny, en dat voetgangers dink die pad is hulle s’n.

Dan die reaksie. Ek probeer altyd netjies wees en wys mense daarop hulle het nou net oor ’n rooi verkeerslig gery. Die antwoord: “Dit is die nuwe Suid-Afrika; ek kan doen wat ek wil.”

En die arrogansie. Ek weet waarvan ek praat – ek is ’n korttermynmakelaar vir 38 jaar.

U moet sien watter reaksie kry ons van mense as hulle in ’n ongeluk was. Die voertuie is 9 uit 10 keer nie verseker nie; hulle is nooit skuldig; voertuie is onpadwaardig, en selfs nuwe voertuie word nooit versien nie, al het hulle ’n diensplan.

Ek het in 2010 gewag om by ’n motorhawe in te draai toe iemand van agter teen my vasry. Hy was onder die invloed en het op sy selfoon gepraat. Getuies het alles gesien. Nou is ek ’n diabeet vir die res van my lewe.

Elke vakansie sterf honderde voetgangers; hulle is nie eens in ’n voertuig nie. Wat gaan ons doen? Die land het ’n probleem wat nie met ’n toetsie elke vyf jaar opgelos gaan word nie. Stel eerder ’n vak met verkeers- en padreëls op skool in.

Meer oor:  Rybewys  |  My Stem  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.