Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Stem hierdie regering uit en red só die land

Ek lees (23.08) van ’n arm swart boer wat besig was om sy plaas op te bou en toe word dit van hom weggeneem en aan ’n ryk sakeman met ANC-bande gegee. En ek was dan onder die indruk dat dit die regering se beleid is om soveel moontlik gewillige swart boere te help om plase te kry, nie om hul grond weg te vat nie!

Ek doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om wakker te word. Ons moet die swak regering uitstem sodat ons hierdie pragtige land kan red!

Suid-Afrika was ’n rustige land totdat Nelson Mandela en sy luitenante die wêreld oorreed het om sanksies teen die land toe te pas. In die tyd toe Mandela en Thabo Mbeki president was, het niks vooruitgegaan nie, maar darem stabiel gebly. Toe Jacob Zuma Mbeki onttroon, het die groot korrupsie en diefstal begin. Pres. Cyril Ramaphosa was daar as adjunkpresident, maar hy het nooit iets gesê nie, hoewel hy van alles moes geweet het.

Toe Ramaphosa as president oorneem, het hy pertinent gesê korrupsie sal gestop en ondersoek word, maar niemand is nog skuldig bevind en gevonnis nie.

Die Zondo-kommissie het baie dinge onthul, maar niks het nog daarvan gekom nie. Met die Covid-19-pandemie het die regeringsmense en hul families ingeklim en miljoene gebuit wat vir die arm en werklose mense bedoel was. My teleurstelling is groot.

Ek doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om wakker te word. Ons moet die swak regering uitstem sodat ons hierdie pragtige land kan red!

Meer oor:  Mystem  |  Suid-Afrika  |  Briewe  |  Stem  |  Suid-Afrikaners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.