Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Stem teen swak diens!

Annélle van Bloemfontein se brief “Ek laat sak my kop in skaamte vir vuil Bfn” (16.04) het betrekking.

Omdat die Kaap deur die DA regeer word, kan maklik besluite oor dienslewering geneem word en meer geld kan onder meer beskikbaar gestel word om slaggate te herstel, vuil strate skoon te maak en vullis te verwyder wanneer dit nodig is.

In die Kaap is ook munisipale wetstoepassing, terwyl dit hier feitlik nie bestaan nie.

In Mangaung geld ander prioriteite vir die meerderheid in die ANC-beheerde raad.

Hierdie prioriteite is volgens die DA verkeerd. Te veel geld word bestee aan onbenullighede soos afskeidspartytjies. Bykans 60% van die begroting word ook aan amptenare se salarisse bestee (baie meer as die norm) asook duisende rande aan oortydbetalings.

Nog tientalle voorbeelde van geldmorsery en wanbesteding kan uitgewys word.

Die meeste van die voertuie wat vir vullisverwydering gebruik word, staan in die werkswinkel en kan nie afgelos word nie omdat daar nie geld daarvoor is nie.

Ek kan inwoners verseker die DA verwys gereeld in raadsvergaderings na hierdie probleme en dikwels val harde woorde.

Die speaker sê daarop bloot: “Let us vote . . .” Dan word ons uitgestem.

Die enigste wyse om dit te verander, is om die ANC by die stembus te verslaan. Elke inwoner moet sorg dat hy of sy geregistreer is en stem.

Inwoners kan egter ook hul deel doen om ons stad skoner te hou. Sorg dat die sypaadjie voor jou blyplek skoon en netjies is en moenie swart sakke op die verkeerde dag uitsit nie. Slegs vullis word verwyder, maar as blare en karton netjies in die sakke geplaas word, sal dit opgelaai word. Plastiek en blikkies kan apart in gewone plastieksakke in die swart sakke geplaas word, dan hoef die sakkrappers nie die sakke so te verniel nie.

Meer oor:  Mangaung  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.