Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Stem vir CR is eintlik ’n stem vir . . .

Orakel van Overberg vra (11.04) hoekom hy nie vir Cyril Rama­phosa moet stem nie. Hy gaan voort en hou die moontlikheid van ’n ANC/EFF-koalisie voor as rede vir sy besluit om vir Rama­phosa (lees: die ANC) te stem.

Hy moet onthou hy stem nie net vir Ramaphosa nie! Hy stem ook vir Ace Magashule. As Orakel nog nie Pieter-Louis Myburgh se boek gelees het nie, stel ek voor dat hy dit dadelik doen. Hy moet ook die ANC se reaksie op die boek bestudeer.

Hy gaan ook stem vir David Mabuza, nóg ’n Zuma-volgeling. In Augustus 2018 publiseer The New York Times ’n artikel waarin Ma­buza as een van Suid-Afrika se gevaarlikste politieke leiers beskryf word. In die artikel word beweer Mabuza het tydens sy termyn as premier ’n netwerk van begunstiging in Mpumalanga gevestig deur op korrupte wyse kontrakte vir die bou van skole toe te ken.

Orakel gaan ook vir Nomvula Mokonyane stem. Onder haar leiding het die departement van water en sanitasie ongemagtigde besteding van meer as R6 miljard aangegaan.

Hy gaan stem vir Jessie Duarte, wat met haar onlangse aanval op ’n verslaggewer van eNCA net weer die ANC se probleem met persvryheid getoon het.

Dan is daar Ramaphosa self. Hy was doodstil terwyl Zuma en die Guptas die land geplunder het.

Hou ook die betogings oor dienslewering in gedagte.

As Orakel ná dese nie weet hoekom hy nié vir Ramaphosa moet stem nie, gee ek moed op.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.