Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
STEM: Wat dink jy van Serena se optrede?

Die chaotiese einde aan die eindstryd vir vroue by vanjaar se Amerikaanse Ope-tennistoernooi veroorsaak tans regoor die wêreld ’n vurige debat.

Serena Williams het die eindstyd met 2-6, 4-6 teen Naomi Osaka van Japan verloor.

Williams is tydens die wedstryd gewaarsku vir ’n afrigtingsoortreding en met ’n punt gestraf nadat sy haar raket stukkend geslaan het. Die Amerikaner het daarna heftig teenoor die skeidsregter Carlos Ramos uitgevaar en is uiteindelik met ’n pot gestraf.

Wat dink jy? Wat dink jy van Serena se optrede?

Stem
Resultate
STEM: Wat dink jy van Serena se optrede?
  • 42%
    Serena Williams het Naomi Osaka se oomblik in die kollig versuur.
  • 1%
    Die skeidsregter was onregverdig hard op Serena. Ek sou ook my humeur verloor het.
  • 2%
    Die skeidsregter se optrede is blatante seksisme. Mans het al baie erger goed op die tennisbaan gedoen.
  • 7%
    Die skeidsregter was onregverdig, maar Serena kon dit ook baie beter hanteer het.
  • 49%
    Die skeidsregter was korrek om haar te straf.
  • MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.