Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Stemgeregtigdes is tog ingelig oor opsies

Max du Preez se “Fokus eerder hierop, DA” (20/11) het betrekking. Dit is waarskynlik korrek om te suggereer dat baie stemgeregtigdes vir pres. Cyril Ramaphosa sal stem, maar nie noodwendig vir die ANC nie. (Maar dit is die ANC se basis wat vergroot en plaaslike regerings wat verder agteruitgaan).

Aan die ander kant is dit seker ook waar dat baie stemme ten gunste van die DA, volgende jaar, eintlik stemme is wat teen die ANC uitgebring sal word en nie noodwendig vir die DA nie.

In albei gevalle toon die uitgebragte stemme ’n weersin in die regerende party.

Wat egter wel van belang is, is om na die telkaart te kyk.

Op alle vlakke, maar veral op plaaslike vlak, waar dit werklik saak maak, is daar basies net een provinsie wat nog, realisties beskou, goed regeer word en waar dienste nog op of naby aan standaard is.

In die ander provinsies weet ons dat die meeste van die munisipaliteite nie meer funksioneer nie, of heeltemal wanbestuur word.

Onder die ANC is die meeste van ons instansies en ook staatsbeheerde instellings ten gronde bestuur weens onbevoegdheid en korrupsie.

As ons kyk na die prestasie van die sowat 70 ministers en adjunkministers en hul departemente, is dit moeilik om een uit te lig wat goed presteer.

Is die ANC werklik in staat om op ’n volhoubare wyse te regeer?

Ek glo die meeste kiesers is ingelig om die regte besluit te neem.

Meer oor:  Max Du Preez  |  Pres. Cyril Rama­Phosa  |  2019-Verkiesing  |  Mystem  |  Lesersbrief  |  Politiek  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.