Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sterk waardestelsel dryf Suna na dood
Laastens, dankie vir joernaliste wat soms deur baie moeilike omstandighede die leser op datum bring met die jongste en onberispelike daaglikse nuus.

Die skrywe van Foeta Krige “Jy’t gesê ek moet wag, Suna, maar ek is nog kwaad” (7.07) verwys. Dit is betreurenswaardig om te weet wat in net die laaste jaar met Suna Venter, die mens en joernalis, gebeur het.

Sy is soos ’n bokkie gejag deur ’n trop verhongerde en besete leeus, vasgemaak aan ’n boom, terwyl vuurvlamme om haar lek. Suna is gewond, gedreig en het nie meer veilig in haar eie woonplek gevoel nie. Haar liggaam was so geknak, dat sy gesterf het aan ’n gebroke hart.

Om vandag die beroep as joernalis te beoefen, is nie ’n uitstappie in die park nie. Dit moet baie moeilik wees met dit wat jy mag skryf en dit wat jy nie mag skryf nie. Die enigste spreekbuis wat Jan Alleman het, is die media.

Dankie, Foeta, vir jou skrywe, ook jou wrewel wat jy uitspreek teenoor dié mense wat hul geboortereg prysgee vir ’n pot lensiesop.

God slaap nie.

Laastens, dankie vir joernaliste wat soms deur baie moeilike omstandighede die leser op datum bring met die jongste en onberispelike daaglikse nuus.

Dit word waardeer dat julle die ware feite publiseer, al is daar soveel slegte nagevolge.

Suna Venter, ek salueer jou. Mag jy in vrede rus en mag jou afsterwe ’n stem wees vir joernaliste wat dieselfde vrese ervaar as wat jy het. Sela. Omar Fourie, Orania

Die lewe en afsterwe van Suna Venter herinner baie aan dié van Stieg Larsson, die bekende joernalis en skrywer van Swede.

Albei hierdie joernaliste het hul werk gedoen teen die agtergrond van hul sterk morele waardestelsel wat nie buigsaam was of gekompromiteer kon word nie. Dit was ’n waardestelsel wat hulle gelei het in hul werk en hulle gedryf het tot die einde van hul lewe.

Hierdie sterk lewensuitkyk, het vir dié twee joernaliste baie probleme veroorsaak en groot druk op hulle geplaas; dit het hulle in aanraking gebring met groepe in hul onderskeie gemeenskappe wat net so onbuigsaam en onversetlik is.

Dit het meegebring dat iets moes ingee en by albei dié twee uitstaande mense het hul harte ingegee.

Dit is moeilik om te dink dat enige mens wat deur gewelddadige persoonlike aanvalle gekonfronteer word, dit kan deurstaan en nie sal retireer of die aftog blaas nie.

Geen van dié twee kon terugstaan nie en het gevolglik opgegaan in ’n offer teenoor en vir iets groter as hulself.

Miskien is dit moeilik om nou die waarde van sulke offers te sien, maar dat hul lewens waardevol was, is sonder twyfel.

Die joernalis Lewis Lapham het al opgemerk: “Meer as siekte of die dood, vrees die joernalis om alleen te staan teenoor die wispelturigheid van hul werkgewers of die vooroordeel van hul gehoor”.

Van Suna Venter en Stieg Larsson kan dit beslis nie gesê word nie.

Meer oor:  Suna Venter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.