Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Stop ‘slim’ Wim en sy agterryers

Die skielike verskuiwing van prof. Jonathan Jansen na die Universiteit Stellenbosch (US) begin nou dalk duideliker word. Het “Slim” Wim de Villiers hom ingevoer om te help met die taalkaping by Stellenbosch?

Jansen sê mos dat die “angstigheid” oor Afrikaans beperk is tot ’n klein groep wit Afrikaanssprekendes. Ek wil gou bewys hoe oningelig hy is. Maak hy dit nou weer ’n rassekwessie of lieg hy doelbewus?

Hier is my bewyse van bogenoemde: In Die Burger van Dinsdag 9 Maart sê William Sezoe: “Afrikaans het my bevry!” Hy is ’n seun wat bitter arm grootgeword het en in ’n stadium deur die welsyn na ’n ander gesin geneem is. Hy sê verder: “My ligpunt was Afrikaans, want ek het by ons Afrikaanse skoolkoerant betrokke geraak. Ek het gereeld geleenthede bygewoon van die Afrikaanse Taalraad, die ATKV en van die Vriende van Afrikaans.”

Hy vertel ook van sy “konflik” toe hy by Stellenbosch begin studeer het. Hy het toe begin artikels skryf vir Netwerk 24 se Die Student-afdeling oor die taalsituasie.

Hy vertel verder: “ . . . en soveel studente het na my toe gekom, en veral bruin studente van Namakwaland, van die Noord-Kaap, asook senior studente wat vir my gesê het: ‘William, jy het pas gesê wat ons die afgelope drie tot vier jaar te bang was om te sê. Ons was te bang iets gebeur met ons punte of ons kursus.’ ”

Hy vertel hoe hy vir sy dosent gaan vra het of hy nie maar ten minste sy notas in Afrikaans kon kry nie. Die dosent gee toe hierdie skokkende antwoord: “Ek gaan nie Afrikaans in hierdie klas praat nie, want hier is swart studente wat nie Afrikaans verstaan nie.”

Hy sê: “So, daai was vir my die hartseerste toe ek hoor dat dit eintlik gaan oor die swart studente wat in die eerste plek hier geakkommodeer moet word.”

Is dit dan ook Jansen en De Villiers se vrees? Swart mense moet oral in Suid-Afrika voorkeurbehandeling kry ten koste van ander groepe en kleure.

Voorbeeld #2: Die Burger, 26 Maart: Danie van Wyk is ook ’n plattelandse Afrikaanssprekende. Hy is ook uit ’n voorheen benadeelde groep. Hy is voorsitter van die DAK Netwerk, ’n belangegroep vir voorheen benadeeldes wat Afrikaans praat as huistaal.

Sy groep is ook uiters bekommerd dat die plattelandse Afrikaanssprekendes deur De Villiers en Jansen-hulle se verbod op Afrikaans ook vir hulle gaan benadeel in hul studies. Hy beplan protesoptrede teen die US omdat die US die Afrikaanssprekende se reg om sy eie taal te praat, wat deur die Grondwet aan hom gegee word, wil verbied.

Ek, as ouer van twee vierdejaarstudente, moes sit en toekyk hoe swaar my kinders nou kry omdat hulle in Afrikaans kon begin, maar alles nou in Engels is. As jy aandring op Afrikaans, jak die dosente jou af en dan laat vaar jy maar jou versoek.

Jansen kan hopelik deur hierdie twee voorbeelde sien dat dit nie slegs ’n klein groep “wit” Afrikaanssprekendes is wat in opstand kom nie. Maak oop jul oë en respekteer ander groepe se taal, kultuur en gebruike, soos in die Grondwet voorgeskryf word. Is dit nie die studente en hul betalende ouers se reg om self te stem in watter taal hulle onderrig wil ontvang nie?

Hierdie eens trotse Afrikaanse instelling is deur Afrikaners opgerig vir Afrikaanssprekendes van die platteland. Komaan, Afrikaanse ouers en studente, kom ons staan saam teen hierdie taalkapers.

  • Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.