Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Stop só die glybaan na die verlede

In watter stadium gaan die regering se ondersteuners besef hulle stem vir ’n spul hulpelose narre?

En wat daaruit gaan voortspruit, gaan die vorige “freedom fighting” na ’n Sondagskoolpiekniek laat lyk.

Die hele Suid-Afrika moet nóú besluit: Raak ontslae van onbevoegdes, ongeag ras, geslag en kwota. As dit moet, skep ’n nuwe politieke beweging waar almal met insig en logika kan tuis voel. Noem dit wat jy wil – skryf alle ou name en affiliasies af.

Ek weet dit klink na ’n hersenskim, maar om verder aan die huidige bestel te lap en stop, is futiel. Hou op om met die verstokte “revolusie” om te gaan.

As ons nog verder op dié pad aanploeter, is ons terug by apartheid. Dalk in ’n ander baadjie, maar ewe muishondagtig. En wat daaruit gaan voortspruit, gaan die vorige “freedom fighting” na ’n Sondagskoolpiekniek laat lyk.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.