Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Storie oor De la Rey se perd staan te betwyfel

Ek mis nooit Johan van Wyk se rubrieke in Die Burger nie. Trouens, ek volg sy stories al van ek destyds in Bloemfontein gewoon en hy die Stop van Myne-rubriek in die Volksblad gelewer het.

Ek wil net sy storie oor genl. De la Rey en sy perd, Bokkie, bevraagteken. Volgens al my bronne is Bokkie nie by die Slag van Magersfontein beseer of gedood nie. Trouens, al het De la Rey die beplanning vir die slag gedoen, was hy self nie daar nie.

Party bronne beweer dat hy weg was om vir sy vrou te gaan vertel van die dood van hul seun, Adriaan, wat so te sê in sy pa se arms gesterf het te Jacobsdal nadat hy tydens die Slag van Modderrivier gewond is.

Dit is dalk hierdie gebeurtenis wat gelei het tot die storie dat Bokkie in sy baas se arms “gesterf” het. Bokkie het die generaal getrou gedra tot aan die einde van die oorlog. Nogtans, gaan so voort asseblief, Johan.

Meer oor:  My Stem  |  Johan Van Wyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.