Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Straf ook diegene wat hul oorsigrolle versaak

Die regering wys deesdae tekens dat daar nou gepas opgetree gaan word teen korrupsie wat die land groot skade berokken het.

Hierdie handeling bied nou die geleentheid dat indringend besin moet word oor nie net amptenare nie, maar ook oor ander ampsbekleërs, soos trustees, raadslede, voorsitters en politici, wat oogluikend toegelaat het dat staatsamptenare se pensioenfonds (GEPF) geplunder word deur twyfelagtige beleggings van miljarde rande.

So wonder ’n mens waarom die trustees van die GEPF nog nie ’n woord gerep het oor beleggings in en prosedure met onder meer beleggings in die maatskappye van Iqbal Survé nie.

’n Mens wonder ook of hulle saamstem en of hulle te versigtig is om te reageer, of weet hulle bloot nie wat hul oorsigrol is nie?

Die verdere vraag is wie het nie sy werk behoorlik volgens voorskrifte, protokolle en oorsigverantwoordelikhede gedoen nie?

Daardie mense wat toesighoudende rolle het en dit nie behoorlik uitgevoer het nie, behoort verantwoordelik gehou te word vir hul laksheid en die gevolglike skade.

Dis reg dat die mense gestraf word wat direk betrokke is by korrupsie, maar dis ook nou die tyd dat daardie rolspelers wat bepaalde oorsigverantwoordelikhede gehad en dit nie uit­gevoer het nie, aan die pen ry.

Meer oor:  Iqbal Survé  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.