Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Strafreg gaan nie renoster beskerm

Die probleem van renosterstropery geniet steeds prominente aandag, ook in die media soos gereelde briewe aan Die Burger aantoon; selfs ’n film is onlangs daaroor gemaak.

Pogings om die probleem te bekamp, het tot dusver grootliks op die strafreg gesteun, terwyl ’n opvoedingsveldtog ook van stapel gestuur is. Bestryding deur opvoeding en/of deur die strafregstelsel bied egter net beperkte oplossings.

’n Opvoedingsveldtog sal baie jare, eintlik geslagte lank, neem om by te dra tot ander insigte by die gebruikers van renosterhoring. Sodanige veldtog sal moet slaag in Suid-Afrika, sowel as in Mosambiek en in ander Afrika-lande waarvandaan stropers kom, maar veral in die lande waarheen renosterhorings uitgevoer word om in die vraag van die gebruikers te voorsien.

Gewetenlose skurke sal hulle in elk geval nie daaraan steur nie – hulle is immers te besig om geld te maak.

Ons strafstelsel is ontoereikend om die probleem die hoof te bied en straf kom te laat, in elk geval vir diegene wat gevang word nadat hulle hul veragtelike dade gepleeg het. Selfs die toenemend swaar strawwe wat opgelê word, skrik klaarblyklik nie voornemende renosterstropers af nie, want die kanse dat hulle gevang gaan word, is steeds te gering.

Renosterstropery word skynbaar gedryf deur ’n patetiese, valse geloof dat die horingpoeier oor een of ander medisinale, magiese of seksuele eienskap beskik en die horings dien soms as dolkhandvatsels. Dis hierdie klaarblyklik onversadigbare aanvraag wat gehanteer moet word en daarvoor is ’n markverwante oplossing nodig. Renosterhoring bestaan uit keratien, dieselfde materiaal as naels, en behoort dus maklik nagemaak te kan word. Die voor die hand liggende oplossing is om groot hoeveelhede van dié poeier te vervaardig en op ’n vernuftige wyse die mark daarmee te versadig.

Dis tragies dat dieselfde lot van uitwissing wat die renosterbevolking oor sy horing se keratien tref, ook besig is om die ietermago oor sy skubbe se kera­tien te bedreig en uit te wis.

Dis moeilik om te verstaan dat miljoene mense mislei word deur die absurde geloof dat sodanige keratien die een of ander medisinale of magiese eienskap sou hê.

Meer oor:  Renosters  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.