Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Stroop van waardes is nie vermaak

Ten spyte van die feit dat die kyker gewaarsku word dat die program Cas Oppie Kassie kru taal bevat en dat die inhoud sensitiewe kykers kan ontstel, glo ek dat welvoeglikheid altyd die botoon moet voer ten spyte van waarskuwings. Dit is soos ek grootgemaak is en soos ek my kinders grootgemaak het, en soos ek glo die meeste Suid-Afrikaanse kinders steeds grootgemaak word.

Omdat kykNET daarop roem dat hy grense wil skuif en van sy sepies reeds kinders en volwassenes breinspoel om huidige taboe-dinge as normaal te aanvaar, het ek myself gedwing om enduit na Cas Oppie Kassie te kyk . . . Afskuwelike vuil snert.

Hoe kan die kykNET-direksie toelaat dat huisgesinne met dié twak besmet word. Word niks meer gesensor met die oog op betaamlikheid nie? Speel welvoeglikheid geen rol meer nie?

Nee, want die waarskuwing aan die begin verwyder alle waardegrense en daar is geen makliker manier om die aandag op jou te vestig as om die grense te oorskry nie. Dit wil lyk asof die skrywer dink alles is toelaatbaar, en as dit nie is nie, moet jy eenvoudig leer om dit te hanteer.

Ek kan verstaan dat dit moeilike tye vir ’n akteur is om ’n bestaan te maak en dat dit hartseer is om tot dié vlak te daal sodat daar kos op die tafel kan wees.

Daar is geen vermaak in die afbreek van waardes, morsige taal, vloek of om in die openbaar te p*s nie. kykNET het verskeie goeie programme wat baie plesier verskaf. Cas Oppie Kassie doen afbreek aan jul beeld.

Meer oor:  Hermanus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.