Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Studente moet net aanhou en moed hou

Na aanleiding van Dirk Spangenberg se skrywe (22.01) oor sy slim dogter wat nie keuring gekry het om medies te gaan studeer nie, wil ek net sê: Moenie moed opgee nie!

Ons was vyf lange jare in dieselfde bootjie. My seun het lank voor matriek al besluit dat medies sy rigting sal wees. Hy het elke jaar met en ná matriek aansoek gedoen en die antwoord was elke keer nee. Elke jaar se harde werk is gevolg deur trane van teleurstelling.

Hy het sy BSc in menslike wetenskappe gedoen, toe honneurs in fisiologie, waar hy goed gevaar het, en deur ’n vroulike professor gekelder is. Toe ’n jaar tuis waarin hy anatomie ge­studeer het saam met bio-ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad. Hy het ’n toelatingseksamen by die Universiteit van die Witwatersrand geskryf en geslaag, maar is te wit bevind.

En toe word hy uiteindelik gekeur by Maties in die groep “werkend/nie­studerend”, waar net tien gekies word. Dit was net gebedsverhoring.

Daar is egter altyd ’n plan van ons Skepper oor hoekom dinge só moes gebeur. As hy net ná matriek al medies begin studeer het, het hy nie sy pragtige ingenieursvroutjie ontmoet nie.

Vandag is hy al vierde jaar medies en geniet elke oomblik. Die vyf jaar vooraf het hom ’n gedissiplineerde student gemaak.

Moed hou en aanhou en ondersteun jul dogter. Daar is ’n plan ook vir haar.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Mediese Studie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.