Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Stuur Sms’E na 32515

“Slapper reëls skep hoop” (31.07): Die regering se ruim toeskietlikheid aan restaurante deur die aandklokreël van 21:00 tot 22:00 te verleng, is so goed soos om ’n Panado te gee aan ’n pasiënt wat ’n dringende bloedoortapping benodig. – Daan, Linden

Ag, dankie. Julle is so goed vir ons. Laat ek gou-gou ons Desember-vakansie in Boksburg by the Sea bespreek. – Jan Enslin

Hoewel Gauteng die provinsie met die grootste toeriste-koopkrag is, help dit ons nie veel nie. Ons gaan maar by die huis bly. – Hennie de Ruyter

Dié regering is gek. ’n Paar dae gelede kondig hy aan jy mag nie meer oorslaap as jy gaan jag nie, maar nou mag jy oorslaap vir vakansie. Watter vlak van inperking is dit nou, vlak 3,15 of wat? – Jorrie J.

Mag die Durbaniete nou strand toe gaan of mag hulle net vir die strand kyk?– Pieter Erasmus

Hulle geniet die mag wat hulle oor ons het! Vat hulle weke met vergadering op vergadering net om die aandklokreël met een uur te verleng. Dit gaan die restaurante niks help nie, want steeds mag jy nie ’n wyntjie saam met jou kos geniet nie! – Cheryl Savory

Die kommentaar in die hoofberig onder die opskrif “Ons het almal in Hartswater iets kosbaars verloor” (30.07) is die harde tragiese werklikheid in ons samelewing. Dit het my as afgetrede polisieoffisier aan die hart gegryp.– Dirk, Honeydew

Met die tragiese verlies van die Brand-egpaar en hul dogter Elzabie van Hartswater wil ek graag vir die familie Ps. 121 voorhou. Sterkte. – Vic, Randburg

Ons leef nou in ’n wettelose land. Ons moet dit aanvaar en daarby probeer aanpas of ons moet emigreer. – Quartus van Zyl

Dis in Suid-Afrika nie meer “as” nie, maar “wanneer”. As ek aangeval en vermoor word; as ek die virus kry? Nee, wanneer. – Eli, eMalahleni

Devi Govender

“Stories wat ’n verskil maak” (31.07): Devi Govender is een van my gunstelingaanbieders. Gee antie Zol vir haar sodat sy die Leviete kan hoor. – Lily Roberts

Pres. Ramaphosa, benewens dat jy nou plaasmoorde erken, wat gaan jy daaromtrent doen? – Stienie, Silver Lakes

As ’n inwoner van ’n aftreeoord het ek altyd die oupas en oumas wie se kinders en kleinkinders oor die wêreld heen versprei is, innig jammer gekry, maar helaas, vandag beny ek hulle. – Anoniem

Ek lees graag Reggie Nel se rubrieke (29.07). Ek kan my 100% vereenselwig met hierdie woorde: “Jy kan alleenlik werklik iets beteken vir plaasgemeenskappe as rassisme teen swart mense vir jou ’n hartsaak is.” All lives matter. Die een sluit nie die ander uit nie. Ons moet elkeen uit ons klein hoekie kom en van mekaar en oor mekaar leer. Só kan dit ’n “dieper basis word van saamstaan en saamstap.” – Elmarie Claassens, Eldoglen

Es van Johannesburg, my seun het sy werk verloor as gevolg van die virus. Sy werkplek het toegemaak. Ek moet nou na hom ook omsien. Ek help ook ander mense met kos. Die man het sy werk verloor. So, daar is nie veel oor vir my en my vrou nie. Kry jou feite reg voordat jy kommentaar lewer. – Louwtjie Kotze, Ermelo

Es, jy is baie onregverdig. ’n Belegging beteken niks as jy nie daardie geld kan gebruik nie. Die rente daarop is waarvan mense leef. Baie oumense verdien nou bitter min rente. Mag niemand nou swaarkry en kla buiten dié wat jy dink is arm genoeg nie? – Alet, Middelburg

Chris van Doornpoort, ek stem saam met jou. Es moet ook in ag neem dat van die pensioenfondse in die jongste verlede nie verhogings kon bekostig nie (en waarskynlik volgende jaar ook) en daarom moet ons noodgedwonge al hoe meer staatmaak op rente-inkomste om die boeke te laat klop. – Piet, Randburg

Help! Ons maandelikse rekeninge het in drie maande verdubbel. Ons amptenare kry ’n 6,25%-verhoging, maar ons het geen ambulansdienste, vullisverwydering of spanne wat waterlekplekke herstel nie. Volgende jaar soek hulle ons stemme, maar vir nou is die DA en die VF Plus tevrede dat die administrateur ons as inwoners doodbloei. Lekker in Tshwane! – Louis, Tshwanetoria

Ek dink nie baie mense weet dr. Henning Gericke was in sy jong dae ’n baie goeie middelafstandatleet nie. Hy het saam met die bekende atleet Johan Fourie in die 1980’s die atletiekbaan aan die brand gehardloop! – Karel, Pretoria

Rook en oorgewig wees is uitgelig as gesondheidsgevare vir mense. Die regering het rook hanteer met die verbod op die verkoop van sigarette. Kan hulle nie sommer ook ’n paar van ons ministers (en polisielede) verbied om te eet nie? – Leser

Hou asseblief bl. 3 van Beeld, dis ligter, interessante nuus. – Estelle

Dankie, RSG, vir Katriena vertel! ná 09:00 se nuus. Julle maak my dag! – Martie, Potchefstroom

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.