Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Suid-Afrika moet eerder na ’n middeweg soek

In sy artikel “Liberalisme kry deesdae die wind van voor” (By, 26.01) vat Koos Kombuis die kern van liberale ineenstorting saam, terwyl Christi van der Westhuizen in haar rubriek “Waak teen skokpolitiek”(23.01) teen raspolitiek waarsku – amper soos die regter se vermaning: Moenie rassisme soek waar dit nie is nie.

In Suid-Afrika het die destydse DP-leier Tony Leon met sy Fight Back-oproep duisende kiesers betower en het die latere DA geslaag deur die persepsie te skep dat hy die enigste party is wat die ANC by die stembus kan klop – en só oud-NP’s, KP’s en selfs HNP’s ingetrek. Deesdae betaal die DA die prys om alles vir almal te probeer wees en uiteindelik niks vir niemand is nie.

Die enigste verweer van die liberale rubriekskrywers is om die alternatiewe VF Plus verdag te maak, soos byvoorbeeld John Scott subtiel doen in sy rubriek (By, 26.01) in sy poging om Peter Marais af te takel.

Maar interessant: Oudpres. F.W. de Klerk, wat in die laaste dae van onderhandeling die konsep van die liberale demokrasie omarm het, kla in sy toespraak by die Kaapse Persklub dat nie­rassigheid in die slag bly.

Hoekom draai hierdie debat in sy rokspante vas? My evaluasie: Die resep vir billike deelname aan politieke besluitneming word verkeerd bewys.

Die probleem het reeds by oudpres. Nelson Mandela begin toe hy die grondslag van assimilasie gelê het en almal wat hom as die redder van Suid Afrika voorgehou het, het nie besef dat die ANC sy meerderheid gaan misbruik om assimilasie op die basis van sy waardes en voorwaardes vir die liberale demokrasie te interpreteer en toe te pas nie. Só is en word byvoorbeeld die wit en bruin gemeenskappe gereduseer en ontneem van hul kultuurhistoriese erfenis, taal, skole, universiteite, werkgeleenthede, ensovoorts.

Die korrekte resep om te oorweeg is die VF Plus se Christelike waardes en maatreëls om minderheidsgemeenskappe teen die meerderheid te beskerm en nie net te praat van diversiteit en verskeidenheid nie, maar om maatreëls in te stel om dit prakties toe te pas.

Daarom maak dit sin dat Peter Marais en sy Bruin Belange Beweging aanklank vind.

Dus: Ons moet soek na ’n middeweg – ’n billike en regverdige bedeling weg van ekstremisme aan die een kant en liberalisme aan die ander sodat Suid-Afrika se diverse verskeidenheid van gemeenskappe in vrede en voorspoed langs mekaar kan lewe.

Die DA bly maar net ’n ANC Lite en is duidelik besig om te ontspoor saam met internasionale liberalisme en globalisering. Die ANC, weer, bly sterk bloot omdat hy die swart meerderheid gebruik en misbruik deur apartheid aan die lewe te hou vir stemme.

Meer oor:  My Stem  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.