Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Suid-Afrika se mense moet wakker word

Trane vloei weens die pynspoor wat die droogte, plaasmoorde en veediefstal laat, asook weens rooftogte en misdaad op elke dorp en in elke stad.

Word wakker, Suid-Afrika!

Trane vloei terselfdertyd uit meegevoel vir die mense wat die ergste deur dié monsteragtige uitvloeisels van die droogte getref word. Daar word op talle maniere uitgereik, met voer, geskenke en kos om lyding van almal op plase te verlig. Ons lees daagliks van hierdie geloofsdade wat jou aan die hart gryp.

Wat doen ’n grootste gros van die land se inwoners? Hulle skaar hulle aan die kant van misdaad galore. Munisipaliteite is verwoes en sit sonder krag en water. Die polisie het trots ’nkainsmerk verwerf vir alles wat pateties is en kan of wil dit nie stuit nie.

Terwyl derduisende mense probeer om te red wat te redde is, streef opposisiepartye waar dinge werk met mosies van wantroue om dit te laat misluk. Dit mag nie goed gaan nie. Waar dit wel gebeur, word hand en tand baklei om dit tot ’n val te bring. Dus stem die ANC, EFF en ander vir misdaad.

Word wakker, Suid-Afrika!

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.