Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Suid-Afrika staan gestewel en gespoor agter die Bokke

Nou kom die toets vir die Springbokke. Rassie Erasmus en sy hooggeagte kundiges moet hul kaarte reg speel om die Bokke op die wenpad te plaas.

Die nederlaag teen die Kiwi’s was nie so vernederend nie. ’n Bal wat hier en daar misgevat is, het die verskil gemaak. Daar is by ’n paar van ons spelers ’n gebrek aan finesse en skerpheid.

Hoekom het ons so min van die kaptein gesien? Waar was die nodige vonk, waar was die sambok?

Dit is tog jammer dat die Bokke so vroeg in die toernooi aan so ’n strawwe toets onderwerp is. Dit was so al of die Fordjie nie op al sy vonkproppe wou vuur nie.

Die talent is daar, maar nie die vonk nie. Die “klein” Cheslin Kolbe, wat die bal met soveel vasberadenheid uit die lug pluk, en Pieter-Steph du Toit, wat soos ’n ware Springbok van ouds deur die verdediging bars, sal die toon moet aangee.

Vuur, vuur en meer vuur gaan nodig wees wanneer die “fighting Irish” moontlik in ’n kwarteindstryd die stryd aangesê word.

Die Iere lyk lus vir groot dinge met hul netjiese afgerondheid en spelblyheid. Hulle sal dieselfde vuur teëkom.

Gelukkig kan in die makliker wedstryde wat nou kom op ons swak plekke, veral strategie, klem gelê word. Die swakker spanne moenie onderskat word nie. Dit lyk of sommige hul huiswerk goed gedoen het. ’n Haas kan uit ’n hoed getrek word.

Bokke, ons gaan nie lê nie.

Ons wil die gesogte Wêreld­beker weer Suid-Afrika toe bring. Ons optimisme vlam hoog. Ons staan gestewel en gespoor agter julle.

Meer oor:  Bokke  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.