Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Suid-Afrika word stadigaan nuwe Venezuela

Ek verwys na die bydrae van prof. Amanda Gouws “Kapitalisme: Te veel of te min?” (14.01).

Gouws kritiseer die ekonoom Milton Friedman op sterkte van Naomi Klein se boeke. Dit is nie duidelik of Gouws ooit iets uit Friedman se pen gelees het nie. Indien nie, beveel ek aan Free to Choose, ’n boek gemik op leke wat sy sienings op ’n eenvoudige en praktiese wyse uiteensit.

Friedman het ’n Nobelprys vir ekonomiese wetenskap gewen, iets wat Klein nog nie beskore was nie.

Wat betref Friedman en die Chicago-skool se betrokkenheid by die Chileense ekonomie:

Chile is tans seker die suksesvolste land in Suid-Amerika.

’n Ander Suid-Amerikaanse land, Venezuela, waar grootskaalse inmenging van regeringskant onder Hugo Chávez plaasgevind het, is in ’n reuse-gemors.

Klein was destyds ’n voorstander van Chávez en sy beleidsrigtings. Ek aanvaar sy het intussen haar siening verander.

Friedman het geglo dat vryheid ekonomiese opheffing vir almal meebring. Indien ons sy teorieë in Suid-Afrika sou toepas, sal dit ons na my mening op die pad na ’n nuwe Chile plaas.

Te wyte aan die grootskaalse be­perking van vryheid in ons land, is Suid-Afrika tans egter eerder op pad na ’n nuwe Venezuela.

Meer oor:  Amanda Gouws  |  Brief  |  Chile
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.