Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sulke dade dryf mense uiteen

Danie Pienaar (04.07) het ook ’n snaar in my gemoed raakgetokkel. Hoewel die voorval wat tot alles aanleiding gegee het, uiters laakbaar is, grens die reaksie daarop nou aan die belaglike.

Ek is al sedert 1956 ’n motorsport-entoesias, maar Mercedes se reaksie laat ’n wrang smaak. As hulle die motor ter wille van Lewis Hamilton geverf het, hoekom? Sy prestasie spreek vanself. Daar is geen rede hoekom hy so diep geraak behoort te voel nie.

Natuurlik maak swart lewens saak, maar wat van wit lewens, veral in Suid-Afrika, waar bv. plaasmoorde skynbaar ongehinderd voortgaan? Wat van bruin lewens? En waar pas onder andere die Japannese in? Is hulle swart of wit? Ons hoor hulle nie so gereeld (indien ooit) oor hierdie onderwerp kla nie.

Ek is bevrees dat al wat deur optrede soos hierdie bereik word, is om rasse verder uitmekaar te dryf. Los ons om self te besluit met wie ons wil assosieer en simpatiseer, en die saak sal homself op die lange duur uitsorteer.

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.