Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sulke foefies bied nie oplossings

Die stil-stil verandering van die Universiteit Stellenbosch (US) se teaternaam het ’n weerklank van die futlose manier waarop die Universiteit van Kaapstad sy Rhodes­monument weggepak en sy kunsversameling toegespyker het: Bleeklewer-optrede waar gesonde en opbouende debat – wat ’n mens sekerlik van geagte akademici verwag – tot goeie gevolge kon lei.

Eintlik kry ek die Small­gesin jammer, want dié goedkoop politiek-kulturele foefie van die US-owerhede is darem te duidelik deursigtig in sy skynheiligheid. Die Small­gesin sit nou ongelukkig met die verkoopte etiket. Die Thom-nageslag is afgeknou.

Adam Small verdien beter denke en meer gepaste erkenning, en H.B. Thom waardering vir sy rol in die universiteit se kultuurgeskiedenis.

Dis ’n ongelukkige misoes van ’n ondeurdagte besluit deur filistyne in ivoortorings, as jy my vra. Verloor na alle kante. Wegpak, afbreek en hernoem is nie gesonde argumentvoering nie en lewer nie oplossings nie.

Meer oor:  Us  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.