Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sulke padwerk laat mense oortree

Baie mense is seker bewus van die padwerk op die sowat 50 km tussen Caledon en Riviersonderend wat duisende motoriste moet verduur. Boonop is die spoedbeperking meestal 60 km/h en is verbysteek verbode.

Dít veroorsaak dat wets­gehoorsame bestuurders nou ook die reëls verbreek.

Waarom die volle 50 km af­baken vir padwerk as slegs aan klein gedeeltes op ’n slag gewerk word? Hoekom nie net 5 km op ’n slag afbaken en die werk afhandel nie?

Waarom moet padgebruikers jare lank gevaarlike omstandighede trotseer?

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.