Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sulke uitsprake jaag net Afrikaners op ’n hoop

In sy betoog oor die afwesigheid van die Afrikaner se “inklusiewe identiteit” vergeet prof. Anton van Niekerk seker dat hy nie die Afrikaner as ’n homogene nasie kan beoordeel nie. Verreweg die meeste Afrikaners het 30 jaar gelede al apartheid verwerp.

Hy skyn in sy skrywe ook om krities te wees oor die rol van die Afrikaner by die totstandkoming van vandag se owerheidsondernemings, wat as lopende winsgewende identiteite aan die ANC oorhandig is en vandag in ’n chaotiese toestand verkeer. Word ooit gevra hoeveel Afrikaners vandag nog in die bestuur van dié ondernemings mag dien? Hoeveel meer “inklusiewe identiteit” kan hy nou vra? Of moet die Afrikaner vandag soos ’n Azazel- offerande, as ’n sondebok vir die volk se verlede, die woestyn ingejaag word?

Ek dink al wat die rubriek bereik, is om Afrikaners op ’n hoop te jaag, wat niks goeds vir ’n laertrek-mentaliteit voorspel nie.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  Briewe  |  Afrikaners  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.