Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Superrugby moet verander

Die Superrugby-seisoen is verby! Die Crusaders sit met die beker. (Al weer!) Die stof het so min of meer reeds gaan lê en nuwe dinge is op die horison om oor opgewonde, bevrees, hoogdrawend, ens. te raak.

Maar daar moet seker nog eers iets gesê word oor Superrugby en ek wil dit graag sê.

Die stelsel werk nie. Die "driekamerparlement" is met een woord absurd en seker die breinkind van iemand wat nie goed geslaap het nie. Die enigste manier hoe hierdie kompetisie kan voortbestaan, is om dit te beperk tot 'n sekere aantal spanne per land. My voorstel sal wees dat Nieu-Seeland, Australië en Suid-Afrika elk deur vyf spanne verteenwoordig word en dit moet die totale liggaam wees. Net vyftien spanne. SANZAR soos van ouds, sonder die Suid-Amerikaners en Japanese.

Verder moet die kompetisie op 'n tuis-weg-basis gespeel word en al die spanne speel teen mekaar. Dit beteken agt-en-twintig wedstryde sonder uitspeelwedstryde aan die einde. Die span met die hoogste totaal aan die einde, dra die kroon.

Dit is duidelik dat die Jaguares werklik voordeel uit hierdie "driekamerparlement" trek, want hulle span hul hele nasionale span in.

Teen die tyd dat die Rugby-kampioenskap in Augustus begin, het hulle die voordeel van samespel. Hulle maak ook nie soos dieSunwolves nie. Slegs Argentyne speel in die Jaguares se span. Die enkeling sal dalk van iewers anders kom. Die aangewese vir hulle sou wees om in die Amerikas deel te neem. Die VSA, Kanada, Uruguay, Paraguay, Brasilië, ens. kan 'n stewige kompetisie vorm en rugby op daardie vastelande bevorder.

Verder is dit ook duidelik dat die Sunwolves glad nie in die kompetisie hoort nie. Die span bestaan uit die "ashoop" van spelers wat ander konsessies nie wil hê nie. As ek die ontstaan van die idee reg onthou, was dit om die spelers van Japan te akkomodeer en rugby in Japan te bevorder, maar as ‘n mens na die gesigte van die spelers kyk, is daar bittermin wat na ware Japanese lyk. Die rede waarom die span nie presteer nie, moet wees omdat kommunikasie tussen die spelers min of meer 'n Babelse verwarring verwerklik. 

Meer oor:  Kys De Wet  |  George  |  Superrugby  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.