Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Swak aanstellings kelder polisie

Die aanstelling van ’n kommissaris van die SAPD is ’n politieke aanstelling. Die afgelope 20 jaar was al die posbekleërs mislukkings (huidige kommissaris word buite rekening gelaat). Op hul beurt was hierdie mislukte kommissarisse weer vir die aanstelling van hul topbesture verantwoordelik. Derhalwe was ons opgesaal met ’n moontlik algeheel mislukte topbestuur.

Hierdie topbesture was op hul beurt verantwoordelik vir die toepassing van ’n onverantwoordelike bevorderingstelsel waar verdienste, bekwaamheid en bevoegdheid tot elke prys moes plek maak vir rasgegronde aanstellings en die uitdiensstelling/vervanging van bekwame en geskikte polisielede.

Was die aanstelling van onbevoegde kommissarisse en die stelselmatige vernietiging van die SAPD die doel van die regering, of is dit die gevolg van ’n mislukte regering?

Nietemin, die regering het ons in die steek gelaat en ’n onherstelbare onreg aangedoen deur ons van ons veiligheid te ontneem.

Meer oor:  Polisie  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.