Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Swak pad bederf goeie vermaak in die Baai

Met die feestyd op hande word verskeie groot kunstenaars genooi om te kom optree. Die Baaienaars geniet en waardeer dit, want met die knypende ekonomie en hoë brandstofprys kan nie almal weggaan met vakansie nie.

Maar, o wee! Een van die beste (indien nie dié beste) vermaakliheidsplekke is ’n paar kilometer buite die stad geleë, net links van die N2 op pad na Humansdorp.

Dis gesellig, het ’n ongelooflike atmosfeer en is ’n heerlike kuierplek met wonderlike musiek. Van ons beste kunstenaars tree daar op, maar dit is net vir ’n eksklusiewe gehoor. Net eienaars van viertrekvoertuie of trekkers kan daar uitkom. Die grondpad wat na die terrein lei, is só swak en vol gate en klippe dat konsertgangers nie seker is of hul motors heelhuids daar uitkom nie!

Komaan! Ons is bereid om uit die stad te ry en julle te ondersteun, maar dan verwag ’n mens om ’n ordentlike toegangspad te gebruik! Ná so ’n heerlike aand wil niemand die volgende dag ontdek dat jou motor deur die swak toegangspad beskadig is nie.

Wat moet die kunstenaars dink? Of word hulle gerieflik per helikopter ingevlieg? Sekerlik kan die eienaar ’n ooreenkoms met die munisipaliteit aangaan wat koste betref, maar doen tog net iets aan die pad, asseblief!

Meer oor:  Padveiligheid  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.