Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Swye moedig wangedrag aan

Daagliks word ons gekonfronteer met bewerings van mans in magsposisies wat hul ampte misbruik om meisies en vroue te misbruik.

Of dit nou in die Noord-Kaap is waar ’n speaker moes bedank as gevolg van die uitlek van ’n seksvideo, of in New York, waar klagtes van seksuele teistering teen die goewerneur gemaak is of in Northampton, waar verskeie vroue vorendag gekom het wat as tieners deur ouer mans seksueel misbruik is. Die jongste is ’n Amerikaanse politikus wat na bewering seksueel betrokke was by ’n 17-jarige meisie.

Van gewone kommentators tot professionele navorsers oor hierdie soort wangedrag van mans is dit eens dat dit ’n kultuur is wat van een generasie na ’n volgende oorgedra word. Seuns leer van mans en jong politici van ouer politici.

Kenners is dit ook eens dat een van die maniere om hierdie gedrag te beëindig, is om vroue te bemagtig. Hierdie bemagtiging, wat seker maak dat vroue regmatig in bestuurs- en leiersposte kom, sal verseker dat mans wat hul posisies misbruik, nie beskerm word en hul dade onder die mat ingevee word nie.

Hierdie misbruik is ook nie iets wat net daar ver gebeur nie.

Begin verlede jaar het ’n bestuurder in die staatsdiens in George skielik bedank nadat sy seksdade in werkure op die lappe gekom het. Ná bedanking word hulle dan nie vervolg nie en ons wat daaroor swyg, help om die kultuur van magsmisbruik na die volgende generasie oor te dra.

Meer oor:  My Stem  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.