Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sy geloof laat nie FW die lig sien

Rouen Pallas, Port Elizabeth, skryf:

Ek verwys na prof. Amie van Wyk se skrywe “Het die Doppers die toets gedop?” en veral sy opmerking oor oudpresident FW de Klerk se “gevolgtrekking dat apartheid ’n politiek van onreg is”.

Ek glo nie dit was net sy geloof wat sy “besluit” beïnvloed het nie. Dit was seker ook die besef dat apartheid besig was om te sneuwel as gevolg van die wêreldwye opstand daarteen. Hy wou homself daarom distansieer van apartheid om homself te beskerm teen enige moontlike vervolging in die toekoms vir sy aandeel aan apartheid.

Sy ontkenning dat hy nie geweet het wat op die grond aangaan nie, kan ook nie aanvaar word nie. Ministers soos Roelf Meyer en Leon Wessels was op hoogte van wat aangaan as gevolg van hul deelname aan die destydse bestuurstelsel en sou seker hul leier, die president, op hoogte gehou het?

De Klerk het eers onlangs “erken” dat apartheid ’n misdaad teen mense was nadat druk op hom geplaas is om dit te erken – en nie gedurende die 1990’s, soos wat Van Wyk nou beweer nie.

Meer oor:  Rouen Pallas  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.